Local newsNewsSchools

[FOTO’s] Monnas pak Grease aan op die buitelugverhoog

Die skoolvertoning het voor die historiese Gedenksaal afgespeel.

Die produksie was so groot, twee onafhanklike groepe toneelspelers moes die klassieke storie opvoer.

Met ‘n rolverdeling van 16 hoofkarakters en nog meer ondersteunende rolle, het Hoërskool Monument beslis uitgehaal en gewys by die buitelug aanpassing van die musikaal, Grease.

Soos die Direkteur van Kultuur, Esté Pienaar dit beskryf, was die musiek hoendervleislekker en nostalgies van die 1960’s.

“Lankna vandag sal ons hierdie opvoering van Grease in onshartskamers koester,” het sy gesê.

Die skoolvertoning het op Maandag (9 Mei) afgeskop, elke weeksaand is dit opgevoer en twee gala-aande is op Vrydag (13 Mei) en Saterdagaand (14 Mei) gehou.

Rizzo, gespeel deur Cheney Acker.
Rizzo, gespeel deur Cheney Acker.

Monnas se bemarking- en skakelbeampte, Eben Vermaas, het aan die News vertel dat daar juis twee gala-aande gereël is om altwee groepe toneelspelers dieselfde ervaring te gee.

Meer as 100 leerlinge het die geleentheid gehad om voor gehore op te tree, en nie eens die koue kon iemand weghou nie.

“Monnas glo daarin om op alle gebiede, kultuur ingesluit en geleenthede te skep,” het hy gesê.

Grease was die tweede buitelugopvoering vandat Pienaar dit verlede jaar met die Romeo en Juliet opvoering geïmplimenteer het. Sy het gesê sy wou graag gebruik maak van die skool se geboue, veral die Gedenksaal, as dekor. Die reliëfwerk bo die Gedenksaal se ingang is al 81 jaar oud.

Vir nog foto’s van die opvoering, kliek hier.

Lees ook:

• [FOTO’s] Monnas word 95

• [VIDEO] Monnas onthou TT Cloete

• Sang-kompetisie op die naat van die werklikheidsreeks

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button