Local newsNewsSchools

FW de Klerk-beurs bekendgemaak

Die oud-Staatspresident, oud-Monumentaar en die ontvanger van die skool se eerste gedenktoekenning het Vrydag die skool se aansporingsbeurs bekendgemaak.

Hy het op ‘n Harley Davidson die skool ingery en gegrap oor sy dae as ‘n tipiese skoolseun. Dit was niemand anders nie as oud-Staatspresident en Nobel Vryheidsprys-wenner FW de Klerk wat by Hoërskool Monument ‘n draai gemaak het. Dié keer was hy nie net ‘n oud-Monumentaar nie, maar ook ‘n eregas.

De Klerk het die skool Vrydagoggend (3 Junie) besoek om die FW de Klerk Aansporingsbeurs aan te kondig. Die beurs, ‘n inisiatief van die 1985 Matriekgroep onder leiding van ou-Monumentaar Paul Holder, gaan R10 000 aan onderskeidelik 25 matrikulante skenk as ‘n hupstoot vir verdere onderrig. Holder het gesê hy het by dié groep se reünie besef hulle moet in die skool terugploeg.

“Ons hoop dat oud-Monumentare wat by hierdie beurse sal baat, ook eendag weer in die skool sal terugploeg en ‘n kettingreaksie veroorsaak,” het hy gesê.

Oud-Staatspresident FW de Klerk saam met Hoërskool Monument se voorsitter Karel Vahrmeijer en ondervoorsitter Marelize Meyer by die gedenkteken waarop De Klerk se naam in 1991 aangebring is.
Oud-Staatspresident FW de Klerk saam met Hoërskool Monument se voorsitter Karel Vahrmeijer en ondervoorsitter Marelize Meyer by die gedenkteken waarop De Klerk se naam in 1991 aangebring is.

De Klerk het aan die News vertel dat hy trots is om sy naam aan die beurs te koppel.

“Ek is baie trots op my mede oud-Monumentare. Monnas is ‘n uitnemende skool wat vir 95 jaar sy posisie as ‘n top skool handhaaf,” het hy gesê.

Hy het van sy skooldae by Monnas vertel toe hy nog tennis gespeel het, na meisies gekyk het en “met die onderwysers gestry het om ‘n toets uit te stel”.

Hy meen dit is waar sy loopbaan as politikus begin het.

“Die grootste uitdaging vir Suid-Afrika vandag is onderwys, al spandeer ons genoeg geld daaraan. Skole soos Monnas speel ‘n belangrike rol in die land se onderwys. Meer gemeenskappe moet gemotiveerd wees om hul skole tot ‘n hoër gehalte te bou,” het hy gesê.

Die FW de Klerk Aansporingsbeurs gaan deur die skool se beheerliggaam bestuur word met “die waardes wat ons by Monnas geleer het,” het Christo Swart, die beheerliggaamvoorsitter en oud-Monumentaar gesê. Die beurs gaan beskikbaar wees vir Afrikaans- en Engelssprekendes en enige matrikulant kan daarvoor aansoek doen.

Nog Monnas nuus:

Monnas-leerlinge wil Saskia nadoen

Monnas-tradisie na 25 jaar steeds ‘n hoogtepunt

[VIDEO] Monnas onthou TT Cloete

De Klerk immortalised by his footprint

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button