NewsSchools

Noordskool-kekkelbekkies sê hul sê

Kwartaal se redenaarswenners is aangewys.

Verskeie van Laerskool Krugersdorp-Noord se kekkelbekkies is as die tweede kwartaal se top redenaars aangewys.

Hierdie kwartaal moes die leerlinge ‘n Engelse toespraak lewer.

Die tweede interne Engelse Redenaarskompetisie is in Mei gehou, en die beste spreker in elke graad is aangewys om later vanjaar met mekaar om die titel van die algehele redenaarster van die jaar mee te ding.

Die junior wenners vir die kwartaal is Rachel de Beer (Graad 1), JJ Basson (Graad 2) en Megan Jacobs (Graad 3).

JJ is ook as die fasewenner aangewys.

Junior wenners Rachel de Beer (Graad 1), JJ Basson (Graad 2) en Megan Jacobs (Graad 3), met onderwyser Reneè Germishuys.
Junior wenners Rachel de Beer (Graad 1), JJ Basson (Graad 2) en Megan Jacobs (Graad 3), met onderwyser Reneè Germishuys.

“Hulle het so pragtig Engels gepraat,” het onderwyser Reneè Germishuys trots gesê.

Vyf-en-twintig seniors het ook aan die tweede kwartaal se redenaarskompetisie deelgeneem en het oor onderwerpe soos Domination still exists; Technology has improved our standard of living; Every child needs a hero; en Who decides to decide gesels.

Die senior wenners is Charl Smit (Graad 4), Jayden van den Berg (Graad 5), Christi Brand (Graad 6) en Sunè Rennie (Graad 7).

“Elke leerling het met ywer deelgeneem alhoewel hul huistaal Afrikaans is,” het Talitha du Plessis, die organiseerder gesê.

Nog Noordskool nuus:

Noordskool se kekkelbekkies

Noordskool sluit jaar met sukses

Knapgedaan vir Noordskool se sportster

Noordskool spog met top presteerders

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button