Fafa plant sade van motivering
Bekende akteur besoek 'n plaaslike rugbyspan tydens 'n spanbou geleentheid.
‘n Ster in ‘n gewilde televisiereeks het ‘n paar rugbyspelers van Laerskool Muldersdrif onlangs by ‘n spanbou geleentheid verras.
Na ‘n taai seisoen vir die o.9-rugbyspan het een van die ouers dit goed gedink om ‘n pretdag te reël, boonop met ‘n baie spesiale eregas.
Die pretdag is by een van die spelers se huis gehou waar hulle eers verversings geniet het voordat die verrigtinge afgeskop het.
Die seuns het begin met verskeie spanbou-aktiwiteite wat selfs toutrek ingesluit het.
Daarna het Getroud met Rugby se Altus Theart, of Fafa soos hy in die reeks bekendstaan, die seuns verras met ‘n besoek en ‘n motiverende en opbouende praatjie oor rugby, en vele meer.
Altus en Wessel Lötter, die spanafrigter het die seuns ‘n paar wenke tydens ‘n mini-afrigsessie gegee.
Die seuns het ook vir Altus ore aangesit toe hulle geleer het hoe om ‘n tou te maak van toiletpapier wat sterk genoeg was om hom op ‘n motorfiets te sleep.
“Plant die boompie diep vir goeie wortels vir ‘n goeie toekoms,” was Altus se antwoord toe die News hom oor sy betrokkenheid by die seuns uitgevra het.
Hy het ook gesê dat dit belangrik is om terug te gee aan die gemeenskap en betrokke te raak waar jy kan.
Die verrigtinge het op ‘n hoë noot ‘n middagbraai afgesluit.
Lees verder:
Wil jy jou bakkies op Getroud Met Rugby sien?
Krugersdorper nou ‘n kleinskermster
Mullies-boeties skitter by talent kompetisie
Caxton ondersteun Mullies se groen projek
