Editor's choiceLocal newsNewsSchoolsUpdate

Hans Coetzee-sage net die spits van die ysberg?

Die News het talle oproepe ontvang met bewerings dat Hans Coetzee nie die enigste persoon is wat glo deur 'n plaaslike hoërskool se beheerliggaam geviktimiseer word nie.

Die News het nog anonieme oproepe ontvang met bewerings dat Hans Coetzee nie die eerste personeellid in ‘n beheerliggaampos is wie se kontrak nie hernu is nie.

Hoërskool Monument het onlangs besluit dat hulle nie die rugbydirekteur, Hans Coetzee, se kontrak gaan hernu nie.

Die News het op 10 Junie berig dat die beheerliggaam glo nie ‘n persoonlike vendetta teen Coetzee het nie, maar talle van Coetzee se ondersteuners voel anders daaroor.

Oud-Monumentare en bekommerde ouers steek nie hulle gevoelens oor die saak weg nie – hulle soek antwoorde.

In ‘n ope brief wat aan die hoof, Johann Calitz en die beheerliggaam gestuur is, vra oud-Monumentaar Boet Vermaak hoekom Coetzee se kontrak nie verleng is nie, ten spyte daarvan dat Coetzee volgens die persverklaring wat uitgereik is, gevra het dat sy kontrak heroorweeg moet word.

Vermaak wil ook weet wie sy pos gaan vul.

“Gaan die persoon hierdie groot skoene kan volstaan, en gaan hierdie nuwe persoon dit beter kan doen?” het Vermaak gevra.

Vermaak wil ook weet of die beheerligaam die rugbybeurse gaan staak.

“Waar los dit ons seuns wat tans met rugbybeurse in Monument is?”

Die News het weer die voorsitter van die beheerliggaam, Christo Swart, genader en hy het gesê die beheerliggaam volstaan met hul besluit.

“As rugbyondersteuner van Monnas het ek net die hoogste lof vir al ons ander rugbyafrigters wat jaar na jaar ons spelers afrig en grootmaak vir senior skolerugby. Hul belangrike rol in die suksesverhaal van Monnas-rugby mag nie misgekyk word nie.”

Die News is intussen ingelig dat die beheerliggaamvergadering wat plaasgevind het die aand voordat die persverklaring uitgereik is, net deur ouers en die voorsitter van die beheerliggaam bygewoon is. Na bewering was die adjunkhoof en ander lede van die beheerliggaam nie genooi nie.

Daar is ook beweer dat ‘n netbalafrigter en die terreinopsigter onlangs dieselfde behandeling van die beheerliggaam ontvang het.

Die News het kommentaar van die beheerliggaam en ander lede van Hoërskool Monument se personeel aangevra, maar ons pogings was onsuksesvol.

Verwante artikels:

Monnas gekruisig oor ‘swak keuses’

Monnas kry nuwe rugbyborg

Monnas unbeated at rugby festival

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button