Groot pryse in vanjaar se gedigtekompetisie
Die kompetisie het elke jaar verskeie aktuele temas.
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) bied hierdie jaar sy 12de gedigtekompetisie aan.
Die kompetisie het ‘n afdeling vir leerlinge van Graad 7 tot 12 en ‘n ope afdeling.
Verlede jaar was daar drie wenners in die skole-afdeling wat pryse van onderskeidelik R1 500, R1 200 en R1 000 ontvang het. Daar was ook tweede, derde en aansporingspryse vir skoolkinders.
Die wenner en naaswenner in die Ope-afdeling (met pryse van R3 000 en R2 000) was Frik Steenberg en Dirk Myburgh.
Die kompetisie het elke jaar verskeie aktuele temas.
Hierdie jaar sluit dit onder andere in Huisgenoot100 aangesien die tydskrif vanjaar 100 jaar oud is, en Verwoerd50 aangesien HF Verwoerd 50 jaar gelede vermoor is.
Die kompetisie sluit op 30 Junie en die bekendmaking van die wenners en die oorhandiging van die pryse sal in September en November gedoen word.
Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, sal in twee bloemlesings gepubliseer word. Inskrywingsvorms is op die GHA se webwerf beskikbaar (www.afrikaans.org.za) en moet, saam met die gedigte, verkieslik op die webwerf geplaas word of andersins per e-pos na gha@afrikaans.org.za gestuur word.
Kontak die GHA vir meer inligting by 081 250 5060.
