Bejaardes op Vadersdag bederf
Ouma en oupa sit op die stoep... met kolwyntjies en sjokolade!
Die Hope For The Future-span het verlede naweek die Jack Cotton Tehuis in Burgershoop besoek en die inwoners met kolwyntjies en sjokolade verras.
“Ons by Hope het gevoel dat ons die Jack Cotton-inwoners graag met iets spesiaal wou bederf. Hope se lede het 90 sjokoladestafies geborg en ook die kolwyntjies voorsien. Als is 24-uur voor Vadersdag moontlik gemaak. Alhoewel daar nie baie oupas was nie het ons die oumas ook bederf,” het Yolandi Petsana, een van Hope For The Future se stigters vertel.

Die span het van huisie tot huisie gegaan om die items uit te deel.
Die inwoners van die tehuis het gesê dat hulle almal baie gelukkig is waar hulle woon. Hulle kry soms donasies van verskillende plekke, maar as daar iemand is wat kan help met kospakkies of toiletware sal hulle dit baie waardeer.
Om meer uit te vind skakel vir Yolandi by 071 530 4033.
Sien ook:
•Everyone deserves to be a ‘princess for a day’
•Over 200 teddies for Project Hope
