Rocco kuier vir die goue oues by Golden Age Village
Die bekroonde pianis het by die Golden Age Village besoek afgelê.
Die Rotary Anns van Krugersdorp is Donderdag 23 Junie bederf met ‘n spesiale optrede van die bekende pianis, Rocco de Villiers.
Rocco het op die ouderdom van vier saam met sy pa se musiekgroep begin speel wat by ouetehuise en troues opgetree het. Nou, ‘n goeie paar jaar later, doen hy dit steeds.

Hy het met sy landwye besoeke aan tehuise begin nadat hy die hartseer omstandighede gesien het waarin sy ma en ander bejaardes woon.
Die oggend was vol stories en grappies, en almal het lekker gekuier en gesels. Van die tannies het saam gesing en gedans terwyl Rocco sy hart en siel uitgespeel het.

Nadat Rocco sy stel klaargemaak het, het Shoprite, een van Rocco se borge, die inwoners met koek en tee bederf. Die optrede, die 45ste een van sy toer, is nog net die begin.
Lees verder:
Rocco bekoor gehoor met musiek en staaltjies
Spectacular piano music at Silverstar
Bekroonde pianis tree hier op – wen sy jongste album
