Local newsNews

Snoesig warm liefde vir vierpotige vriende

Komberse ingesamel vir minderbevoorregte vierpotige vriende.

Die Sektor 7 Gemeenskapspolisiëringsforum het talle komberse vir minderbevoorregte vierpotige vriende van die gemeenskap ingesamel.

Patrollielede het toe by Friends of Rescued Animals (Fora) gaan kuier waar hulle tyd saam met die diere spandeer het en die komberse oorhandig het.

“Ons het einde Mei besluit om ‘n kombersinsameling ten bate van Fora te doen. Ons het gehoor dat ‘n paar sustersektore insamelings doen vir die minderbevoorregte mense in Krugersdorp en het toe besluit om die diere te bederf met komberse aangesien daar talle kouefronte voorspel word,” het Ramon Collins, Sektor 7 se mediaskakel gesê.

Daar is 140 komberse ter waarde van ongeveer R7 000 ingesamel.

Weens ‘n onvoorsiene kouefront het die sektor twee keer komberse aan die diereskuiling gaan oorhandig.

Die sektor se uitvoerende komitee bedank graag die gemeenskap vir hul vrygewigheid asook vir Steph Clark wat in beheer van die projek was.

“Ons voel dat ons met ‘n meer geruste hart kan gaan slaap omdat daar ‘n hele klomp diere is wat minstens ‘n kombersie het in hierdie koue weer.”

Lees verder:

President Hyper verras Fora vir Mandela Dag

Take home some love from Fora

Adopt a furry friend at Fora

CPF supported by casino

‘n Warm verskil aan haweloses gemaak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button