60 jaar van ware liefde
'n Plaasseun van Lichtenburg en nooi van Krugersdorp vier 60 gelukkige jare saam.
‘n Krugersdorpse egpaar het onlangs die 60 jaar wat hulle as man en vrou saam is, met hul kinders en kleinkinders gevier.
Hendrik Jacobus Bekker, ‘n plaasseun van Lichtenburg en Hester Helana Britz, ‘n nooi van Krugersdorp, het op 14 Julie 1956 die knoop in die Krugersdorp Gereformeerde Kerk deurgehaak.
Hulle het hul huwelik in Lichtenberg begin in 1966 na Krugersdorp verhuis waar hulle steeds woon.
Die egpaar spog met vyf kinders, nege kleinkinders en ses agterkleinkinders.
“Gelukkige huweliksherdenking ma en pa. Baie dankie vir alles wat julle vir ons almal doen en beteken. Baie lief vir julle,” het Amanda Bekker namens die kinders, kleinkinders en agterkleinkinders gesê.
Verwante artikels:
•Couple celebrates golden anniversary
