Local newsNews

Dis Kersfees in Junie vir bejaardes

Bejaardes is bederf met 'n vroeë Kersfees.

Minderbevoorregte bejaardes van Krugersdorp het by Deo Gloria Sopkombuis aangesit vir ‘n spesiale Kersfees-in-Junie geleentheid.

Die gaste is voor die hoofmaaltyd in die eetsaal met verversings en happies onthaal.

Elke gas het toe ‘n smullekker bord kos saam met ‘n kospakkie, badkamersakkie en selfs ‘n warm kombers gekry.

Franco Laubser het die inwoners en span vermaak toe hy verskeie liedjies op sy kitaar gespeel het.

Franco Laubser speel kitaar tewyl Jannie Pretorius gretig luister.
Franco Laubser speel kitaar tewyl Jannie Pretorius gretig luister.

Die geleentheid is afgerond met ‘n soet bederf toe die bejaardes elk ‘n bakkie malvapoeding en vla as nagereg ontvang het.

Hulle het ook ‘n pakkie lekkergoed ontvang om saam huis toe te neem.

“Baie dankie aan al die borge wat dit vir Deo Gloria moontlik gemaak het om die groep bejaardes met kospakkies, ‘n ete en geskenke te bederf,” het Franco gesê.

Soortgelyke artikels: 

•Deo Gloria vergeet nie van bejaardes

•Delicious dishes on Mandela Day

•Sopkombuis ly verlies weens inbraak

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button