Local newsNews

Vol magies en ‘n dag vol pret

Deo Gloria-sopkombuis, met die bystand van Pam Golding, het die minderbevoorregte kinders van Krugersdorp bederf.

Pam Golding Eiendomme, saam met Deo Gloria Sopkombuis, het op 8 Julie warmbrakke en komberse vir minderbevoorregtes gegee.

Hannes Jansen van Vuuren, die eienaar van Pam Golding Krugersdorp, het gesê dat dit vir hom belangrik is om terug te ploeg in die gemeenskap, en daarom doen hulle elke jaar iets vir die kinders van Krugersdorp.

Rina van Biljon praat met die kinders.
Rina van Biljon praat met die kinders.

“Kinders is die toekoms van ons land. Dit is vir ons ‘n eer om hulle te help,” het hy gesê.

Hulle het ongeveer 140 komberse ingesamel, en het warmbrakke asook kosblikkies met lekkergoed vir die kinders uitgedeel.

Deo Gloria en Pam Golding werk al amper agt jaar saam.

Die Pam Golding-span saam met die kinders.
Die Pam Golding-span saam met die kinders.

Rina van Biljon, ‘n lid van die Deo Gloria-span, het gesê vir baie van die kinders is die middagete wat hulle by Deo Gloria ontvang, die enigste behoorlike bord kos wat hulle heeldag kry.

Deo Gloria se sopkombuis gee elke dag vir 160 kinders en bejaardes kos, en verskaf 300 kospakkies vir families wat dit elke maand broodnodig het.

Vir meer inligting oor Deo Gloria, kontak Christa le Roux gedurende kantoorure by 011 660 5063.

Die komberse word uitgedeel.
Die komberse word uitgedeel.

Lees meer:

Deo Gloria vergeet nie van bejaardes

Sopkombuis ly verlies weens inbraak

Sopkombuis gee terug vir Mandela Dag

Sopkombuis kry nuwe huis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button