Local newsNewsUpdate

Skoknuus: Diane is nie dood nie

Bedelaar kry die skok van haar lewe toe sy van haar eie dood op die voorblad lees.

Dit speel af soos ‘n episode uit ‘n sepie. Die sogenaamde oorlede bedelaar, Diane Schutte, het haar stem dik gemaak nadat sy ‘n artikel oor haar eie ‘dood’ in die News gelees het.

Maar daar is meer agter die storie.

Die News het vroeër dié maand die ‘slegte nuus’ oor Diane se dood in ‘n Facebook-boodskap ontvang. Daarin is beweer dat die bedelaar gesterf het nadat sy in Florida deur ‘n voertuig omgery is.

Lees hier: ‘My hart is in stukke’

“My hart is in stukke,” was haar hawelose vriend, Keith Unwin se kommentaar aan die News.

Hy het gesê dat Diane saam met ‘n ander man weggeloop het en dat die einste man haar bedelbordjie twee weke later teruggebring het toe hy die slegte nuus van haar dood aan Keith oorgedra het.

‘n Hewig ontstelde Keith het oor sy geliefde straatmaat gehuil terwyl hy met die News gesels het, maar min het hy en die verslaggewer, Marizka Coetzer geweet dat Diane springlewendig is. Sy het glo weggeloop om van die ondraaglike omstandighede saam Keith te ontsnap.

Die News het die Roodepoortse lykshuis gekontak om uit te vind of Diane se lyk daar opgeneem is, maar die personeel het geen rekord van ‘n wit bedelaarsvrou op hul stelsel gehad nie.

Leilani Moolman het reeds die hartseer nuus aan Diane se kinders oorgedra en het ook kort daarna die polisie en die lykshuis gekontak vir antwoorde, maar sonder enige sukses.

Nadat die artikel op die voorblad van die 15 Julie-uitgawe van die News verskyn het, het Leilani ‘n oproep van ‘n huilende Diane gekry. In trane het sy gesê, “Ek is nie dood nie”.

Diane het glo die hele storie ontken en beweer dat sy om verskeie redes van Keith af weggeloop het.
Die News beoog om met Diane in verbinding te tree om agter die kap van die byl te kom oor haar sogenaamde dood.

Lees verder:

Hawelose vriende mekaar se genade

Gewese bedelaar en verslaafde ‘n man duisend

Bedelaar eintlik aspirant komediant

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button