Local newsNews

‘Aandag alle koeke en terte’

Die plaaslike kinderhuis het lag-lag fondse ingesamel met 'n damestee en hope vermaak.

Soet koeke, sappig terte en ‘n skreeusnaakse Susan Coetzer was die wenresep vir ‘n prettige damestee vir ‘n goeie doel.

Pragtig versierde en gedekte tafels oorlaai met koeke en terte het die saal by Ekudeni Country Lodge in Muldersdrift vol gestaan op 16 Julie vir ‘n fondsinsamelingsoggend vir die plaaslike kinderhuis, The Bethany House Trust.

Die talentvolle aktrise en skrywer Susan Coetzer het die vroue vermaak met haar humoristiese eenvroustuk Koek en Tee.

Organiseerder Marina Hough bedank Antoinette Jonker met 'n bos blomme.
Organiseerder Marina Hough bedank Antoinette Jonker met ‘n bos blomme.

Koekie Koekemoer, eienares van ‘n tuisnywerheid het die gehoor laat skaterlag met die vergelykings wat sy getref het tussen koeke, terte en mans.

Sy het vroue se reis vergelyk met nat koeke, droƫ koeke, vetkoeke, pannekoeke, koeksisters en selfs terte met hul verskillende bestanddele.

Sy het haar gehoor deur haar wenrespep geneem wat verskeie lewenslesse bevat het.

Die slotsom was dat elke vrou uniek is, ongeag haar bestanddele, en dat elke koek of tert ‘n plek op die rakke in die tuisnywerheid het.

Ronel Swart en Melodie van Brakel by Susan Coetzer se eenvroustuk ten bate van The Bethany House Trust.
Ronel Swart en Melodie van Brakel by Susan Coetzer se eenvroustuk ten bate van The Bethany House Trust.

Organiseerder van die oggend, Marina Hough, het na die vertoning verskeie vroue met blomme bedank vir hul aandeel aan die suksesvolle byeenkoms, onder andere vir Antoinette Jonker. Sy is die vrou van Gert, stigter van die Trust.

Daar was ook ‘n gelukstrekking waar gaste in die gehoor ‘n geskenkie kon wen.

Die oggend is op ‘n gesellige noot afgesluit toe vroue hul koek- en tertresepte uitgeruil het.

Lees verder:

The Bethany House vir ‘n slag bederf

Allow us to help you

Sakke vol omgee vir kindersentrum

[VIDEO] ‘n Oplossing vir die bedelprobleem?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button