Local newsNews

[FOTO’s] Moria-inwoners word bederf

Koek, tee en 'n vertoning. Die ouetehuis was Dinsdag bedrywig.

Die bejaardes van Moria Tehuis is Dinsdagmiddag, 19 Julie, met koekies, tee en ‘n optrede deur Monique bederf.

Een van Krugersdorp se eie sangeresse het saam met die Demokratiese Alliansie gesorg dat die Moria-inwoners behoorlik op die hande gedra word as deel van hul 67 minute vir Mandela-dag.

Die saal was volgepak en die gehoor het rustig hulle koek en tee geniet terwyl hulle na Monique se liedjies geluister het.

Alhoewel die middag nie so goed begin het nie aangesien die klankmense op pad ouetehuis toe verdwaal het, het dit baie gou in ‘n groot sukses verander.

Lees ook:

Moria sê dankie op Wêreld Verpleegstersdag

‘What did I do for fun?’

Pensioners finally receive their rebate

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button