Die leerlinge van Krappies Naskoolsentrum in Witpoortjie het Vrydag medaljes ontvang omdat hulle hulle akademiese doelwitte bereik het.
Om ‘n medalje te ontvang, moes die kinders bewys dat hulle goeie rapportpunte bereik het.
“Ons moes die kinders bederf, want hulle rapporte het alle verwagtinge oortref,” het Juffrou Driekie Graham gesê.
Dit is vir die onderwysers belangrik dat kinders van jongs af vaardighede soos uithouvermoeë, toegewydheid en die vermoeë om in hulleself te glo, aan te leer en met begeleiding dit te verbeter.
Lees verder:
Noordskool se netbalsterre skitter
Jannas’ debating dream – you can help
Kennies is trots op hulle redenaars





