ATKV-Applous is aan die begin van Augustus vir die 39ste keer aangebied.
Die beste 43 skoolkore wat tydens die nasionale streekfeeste geïdentifiseer is, is na die finaal in Stellenbosch genooi.
Volgens Johan Esterhuizen, bestuurder van ATKV-Jeugprojekte, was die Kruiskerk in Stellenbosch ’n fees vir koorliefhebbers wat na die beste skoolkore in Suid-Afrika kon luister.
“Die standaard was baie hoog en ATKV-Applous is trots om deel te wees van die oplewing van skoolkore in Suid-Afrika.”
Hoërskool Noordheuwel het in die Meer Ervare Hoërskoolkore-afdeling deelgeneem en is met ‘n goue toekenning (80–89 persent) vereer.
Hoërskool Stellenberg Meisieskoor is as die Beste Meer Ervare Hoërskoolkoor gekroon.
Baie geluk aan Nories se koor met hulle puik prestasie.
Related articles:
