Editor's choiceLocal newsNews

Monnas groet voormalige skoolhoof

"My pa se eerste groot liefde was sy gesin, en tweede was Monnas."

Koos du Toit, ‘n voormalige hoof van Hoërskool Monument (Monnas) is in die vroeë oggendure van 24 Augustus oorlede.

Koos is in Julie met leukemie gediagnoseer en het tot met sy dood chemoterapie ontvang. Alida, Koos se vrou, het gesê alhoewel hy aan ‘n terminale siekte gely het, glo sy hy het aan natuurlike oorsake beswyk.

Maritz du Toit het vertel dat hy sy pa as ‘n groothartige mens geken het.

“My pa se eerste groot liefde was sy gesin,” het Maritz gesê. “Hy sou alles in sy vermoë doen om ons gelukkig te hou en te ondersteun.”

Hy het ook gesê dat sy pa ‘n ongelooflike passie vir die onderwys gehad het en dat sy tweede liefde definitief Monnas was, waar hy 13 jaar lank skoolhoof was.

“Hy het ongelooflik baie leerlinge se lewens direk geraak en ‘n groot invloed op die gemeenskap gehad,” het hy gesê. Volgens Maritz was sy pa selfs na sy aftrede in 2013 steeds by die skool betrokke.

Koos het sy hele loopbaan aan hoërskoolopleiding toegewy. Hy was voorheen adjunkhoof by ‘n ander skool aan die Wes-Rand en hoof van Hoërskool Overvaal in Vereeniging.

Lees ook:

Monnas onthou TT Cloete

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button