‘n Eerste vir NG Krugersdorp-Oos
Haar spesifieke fokus by die kerk gaan die kinderbediening sowel as die bediening van gesinne en vroue wees.
Dinge by die NG Krugersdorp-Oos gemeente lyk en ruik ‘n bietjie fraaier deesdae.
Dis omdat die kerk vir die eerste keer in sy geskiedenis ‘n prediker van die skoner geslag ryker geword het.
Fralene van Zyl, 26, is onlangs as predikant by die kerk bevestig en dié Tukkies-gegradueerde sien uit na die uitdagings wat die gemeente bied.
Fralene en haar man, ook ‘n predikant maar by die Suiderlig-gemeente, bly in Chancliff en is in 2014 getroud.

Haar spesifieke fokus by die kerk gaan die kinderbediening sowel as die bediening van gesinne en vroue wees.
“My fokus gaan op gesinne val; hulle moet geestelik gevoed word by die kerk. Die kerk moet ook groei as ‘n huis vir jongmense,” het Fralene gesê.
In haar persoonlike tyd is sy besig met haar honneursgraad in geslagstudies en voel dat dit haar bediening goed sal aanvul.
“Dis is vir my sover baie lekker om die eerste vrouedominee in hierdie gemeente te wees. Ek is met ope arms ontvang en mense is ontsettend vriendelik. Hier is ‘n ongelooflike volwassenheid in hierdie gemeente en my twee kollegas, Anton en Marcus, het my dadelik laat deel voel van die span.”
Sy noem dat dit vir haar baie belangrik is dat gesinne begin besef hoe noodsaaklik hulle geluk vir die gemeenskap is.
“As jy net die mense om jou liefhet, maak jy klaar ‘n baie groot verskil.”
Verwante artikels:
Kursus bring ondersteuning en hulp
