Hennie en Martie du Plessis het een ding in gemeen met vanjaar se Rio Olimpiese Spele; hulle verdien ook goud!
Die egpaar het vanjaar hul 50ste huweliksherdenking gevier.
Hulle woon hul hele lewe lank in Krugersdorp en het vyf kinders, nege kleinkinders en een agterkleinkind.
Hennie en Martie is op 4 Augustus 1966 getroud en het die groot mylpaal saam met hul kinders en naaste familie gevier.
Die News wens vir Hennie en Martie baie geluk met hierdie besonderse geleentheid.
Lees verder:
Steeds gelukkig getroud na 60 jaar
Getrou aan mekaar al vir 70 jaar
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
