Noordskool-redenaarswenners by gala-aand
Noordskool is baie trots op hul babbelbekkies.
“Die woord is magtiger as die swaard en wie dit kragtig en met wysheid kan gebruik is magtiger as konings” – Jeremias Gotthelf.
By Laerskool Krugersdorp-Noord het leerlinge van Graad 1–7 die aand van 1 Augustus met baie selfvertroue aangedurf en die tonge het geklap. Hulle het as graad- en fasewenners met mekaar meegeding.
Die leerlinge wat deelgeneem het is Chanel Harmse (Graad 1), Isabella van der Walt (Graad 2), Dawid-Louis Hattingh (Graad 3 en fasewenner), Charl Smit (Graad 4), Reanco Louw (Graad 5 en fasewenner), De’Niel Storm (Graad 6) en Suné Rennie (Graad 7 en fasewenner).
Noordskool is baie trots op julle!
Lees meer hier oor Noordskool:
Noordskool gee om vir sy gemeenskap
Nuwe hoofleiers vir Noordskool
