Editor's choiceLocal newsNews

Helpende Hand bederf bejaardes

Helpende Hand het 'n Ouma-en-Oupa-projek wat 'n inisiatief is om bejaardes te bederf.

Solidariteit Helpende Hand het op 1 September bejaardes en kinders bederf met ’n vertoning van Heidi by Ster-Kinekor Cradlestone Mall. Dit was deel van hulle Vat ‘n Ouma Fliek toe-projek wat onlangs geloods is.

Helpende Hand het ‘n Ouma-en-Oupa-projek wat ‘n inisiatief is om bejaardes te bederf. Talle bejaardes wat eensaam is, het nie meer die finansiële of praktiese vermoë om hulself te bederf met ‘n fliek of om ‘n sportbyeenkoms by te woon nie.

Die streek het besluit om ’n groep behoeftige kinders ook saam te nooi om die bederf net nog meer spesiaal te maak.

Volgens Adele Kruger, streeksorganiseerder van Gauteng-Suid, is Heidi die perfekte rolprent om vir die bejaardes en kinders te wys. “Heidi is na aan almal se hart en ons is seker die bejaardes en kinders gaan dit vreeslik geniet,” het Adele voor die vertoning gesê.

Volgens navorsings wat Helpende Hand gedoen het is eensaamheid, en nié geld nié, vir sewe uit tien behoeftige bejaardes hulle grootste probleem. Die studie is gedoen om die lewensomstandighede van arm bejaardes te assesseer sodat die organisasie die bejaardes so effektief moontlik kan help.

“Dit is hoekom die projek so perfek is,” het Adele gesê. “Ons gee aandag aan die bejaardes se grootste behoefte deur hulle saam met ander bejaardes ‘n bietjie uit te neem en te bederf.”

Vir meer inligting oor Helpende Hand se projekte om bejaardes te ondersteun, besoek www.helpendehand.co.za of skakel vir Adele Kruger by 079 881 3338. Om die projek te ondersteun, sms “omgee” na 38969 (sms kos R10).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button