Editor's choiceLocal newsNews

50 jaar getroud, maar al ‘n leeftyd saam

En die wiel kom saam.

Cees en Janie Overbeeke is dié maand 50 jaar getroud, en steeds dolverlief.

Toe Cees ses jaar oud was, het hy langs sy ouma in ‘n kerk in Nederland gesit toe ‘n piepklein babatjie gedoop is. Die baba sou eendag sy vrou word, en hulle sou saam Suid-Afrika toe trek.

Hulle paaie het van daar af dikwels gekruis: haar kleuterskool was langs sy laerskool, sy sussie en Janie sou goeie vriende word en hulle ouers sou saam kuier.

Cees onthou nog hoe Janie se ma vir hom gevra het, “Hou jy van Janie?“, en hoe hy “ja” geantwoord het. Hy is toe na hul Oujaarsviering genooi. Daai aand, 31 Desember 1961, het hulle amptelik begin uitgaan. Vyf jaar later, op 20 September 1966, is hulle getroud.

Voor hul eerste huisie was ‘n ou wawiel. Deur al die jare wat hulle saam is, het hulle steeds die groot wiel buite hulle huis, met die bordjie wat saam met hom by hulle eerste huis gestaan het.

Na 50 jaar – eintlik langer, as jy daaraan dink – vyf kinders en agt kleinkinders, ‘n wawiel en al die drama wat die lewe bring, is hulle steeds verlief. Hoe kry hulle dit reg?

Volgens hulle, moet mens mekaar respekteer. Egpare moet met mekaar praat en saam bid. Maar die heel belangrikste: julle moet mekaar baie liefde gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button