Local newsNews

Alzheimer’s-seminaar van kardinale belang

Dit is 'n geleentheid om inligting aan gesinne en families oor te dra wat met hierdie siekte gekonfronteer word.

Môreglans Tehuis gaan ‘n Alzheimer’s-seminaar aanbied met die oog op Wêreld Alzheimer’s Dag op 21 September.

Die seminaar is ‘n geleentheid om die gemeenskap bewus te maak van die siekte, en om families wat met die siekte te doen kry meer inligting te gee.

Die fokus gaan spesifiek val op die geaffekteerdes en om die familie in te lig oor hoe hierdie siekte ontstaan, simptome, oorsake, tendense en hantering van ‘n persoon met Alzheimer’s.

Hierdie is ‘n gesamentlike inisiatief van die tradisionele tehuise vir bejaardes in Krugersdorp. Hulle het egter fondse nodig om hierdie geleentheid moontlik te maak en die gemeenskap te bereik.

‘n Geregistreerde verpleegkundige van Luipaardsvlei Tehuis se Alzheimer’s Afdeling gaan fokus op die impak van die siekte op die lyer se gesinslede, hoe dit verhoudings raak en die geaffekteerdes toerus met kennis en vaardighede.

Die einddoel van hierdie seminaar is om ‘n ondersteuningsgroep op die been te bring vir families en gesinne wat deur die siekte geraak word. Die nood vir ondersteuning en iemand wat verstaan, maak dit noodsaaklik dat daar ‘n platform daarvoor geskep word.

Die seminaar word op 17 September om 9vm in NG Kerk Suiderlig se ouditorium aangebied. Kaartjies kos R50, wat verkry kan word by al die tehuise vir bejaardes in die Krugersdorp-omgewing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button