Editor's choiceLocal newsNews

Fondsinsameling gee dogter nuwe hoop

Sy pyn en hartseer was sigbaar en kort voor lank het 'n gevoel van hulpeloosheid sy dogter, Elsabe oorval.

Twee jaar gelede is Danny Coetzee met kanker gediagnoseer. Sy pyn en hartseer was sigbaar op sy gesig. Kort voor lank het ‘n gevoel van hulpeloosheid sy dogter, Elsabe oorval.

“Dis aaklig om niks vir hom te kan doen nie,” het sy hartseer gesê.

Zane Jacobs,  Toktokkie en Chante Oosthuizen geniet die lekker kos by die fondsinsameling. Foto: Elsabe Coetzee
Zane Jacobs, Toktokkie en Chante Oosthuizen geniet die lekker kos by die fondsinsameling. Foto: Elsabe Coetzee

Vir haar was daar net een opsie – om hulp te vra by die Wes-Randse Kankervereniging, Kansa.

Met deernis en meegevoel het Tanya Liebenberg, ‘n lid van Kansa vir haar verduidelik hoe ‘n fondsinsameling kankerleiers soos haar pa kon help.

Elsabe het dadelik toestemming by Pinehaven Country Estate gevra om ‘n fondsinsameling op hul perseel te hou.

“Ek wou dit graag op my pa se verjaarsdag hou om dit meer spesiaal te maak, maar die mooie dag het in die week geval,” het sy gesê.

Die geleentheid het daarom op 3 September plaasgevind, die naweek na sy verjaardag.

Pieter van Zyl, musiekmaker by die fondsinsameling.Foto: Elsabe Coetzee.
Pieter van Zyl, musiekmaker by die fondsinsameling.Foto: Elsabe Coetzee.

Besoekers by die funksie het ‘n verskeidenheid pryse gewen. Jonges kon die springkastele en kompetisies geniet, terwyl brawe meisies hul lang hare vir pruike vir kankerlyers laat afsny het.

Die reuk van varsgebakte pannekoek en worsbroodjies het dié dag oor die Estate getrek. Oud en jonk het die musiek wat Pieter van Zyl vir hulle opgedis het, geniet.

Ander het weer verkies om by die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) iets van hulself aan die mensdom te skenk. Vrywilligers kon óf registreer om bloed op ‘n latere stadium te skenk óf hulle kon daardie dag witbloedselle skenk vir kankerpasiënte.

“Die dag was ‘n groot sukses en ons het heelwat fondse vir die Wes-Randse Kankervereniging ingesamel,” het Elsabe gesê.

“Ek daag enige ander woonbuurt of kompleks uit om dieselfde tipe geleentheid te loods. Dit hoef nie so groot te wees nie, maar die fondse is werklik nodig vir mense met kanker.”

Verwante artikels:

 Koppie liefde ten bate van Kansa

• Suksesvolle Kansa fondsinsameling gehou

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button