Hy is nie net ‘n legende in Krugersdorp nie, maar ook alombekend in verskeie rugbykringe.
Wally Walters het onlangs 78 jaar oud geword en besluit om sy spesiale dag met die gemeenskap te deel. Hy lyk nie of hy al 78 is nie. Hy is jonk van gees en ‘n groot bok vir sports. Hy het die gemeenskap aan sy voete en is die afgelope 25 jaar ‘n trotse inwoner van Krugersdorp.
Wally het al verskeie rugbyspanne bestuur, wat die All Blacks insluit. Hy spog ook dat hy vir 14 jaar die adjunkpresident van die Goue Leeus- en die Transvaal-rugbyspan was.
“Ek het in my tyd self rugby gespeel,” het Wally vertel.
Die News het Wally by die bekende Treff-kroeg in Krugersdorp ontmoet waar die kliënte nie uitgepraat kon raak oor sy goedhartigheid nie.
“Hy is ‘n gereelde kliënt van ons en hy help ons gereeld met liefdadigheidsprojekte,” het die eienaar, Gloria Selgado gesê.
Toe hy gevra is om sy mening oor vandag se Springbokspan te gee, het Wally gesê hy dink die Bokke is onfiks en dat spelers vir geld speel en nie vir die liefde daarvan nie.
Die News wens vir Wally nog baie geseënde jare toe.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Randfontein Herald, Roodepoort Record, Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
