Monnas netbal voltooi Fast 5-driekuns
Hoërskool Monument se o18-span het vir die derde agtereenvolgende jaar die Gauteng Fast 5-titel verower.
Hoërskool Monument se o18 Fast 5-netbalspan is vir die derde agtereenvolgende jaar as Gauteng-kampioene gekroon.
Die Gauteng Fast 5-kampioenskap het op 11 en 12 September by Hoërskool Florida plaasgevind, waar Monnas se o15- en o18-spanne meegeding het.
Volgens Monnas se hoof van sosiale media, Suzaan Alberts, het die o15-span sterk vertonings gelewer. Die span het Heidelberg Volkskool geklop en goed teen Dinamika en Garsfontein gevaar, maar het die uitspeelrondes net-net misgeloop.
Die o18-span het ná ’n sterk groepfase Dinamika in die kwarteindstryd, Menlo in die halfeindstryd en Garsfontein in die eindstryd geklop om die Gauteng-titel vir ’n derde agtereenvolgende jaar te verower.
Die prestasie beteken ook dat die span sy rekord van vier deelnamegeleenthede en vier kwalifikasies vir die SA Fast 5-kampioenskappe behou.
Alberts het die span se deursettingsvermoë en die ondersteuning van hul ouers geloof.
