Editor's choiceLocal newsNews

Trouklokkies lui vir News se Nadine

'Alles was perfek.'

“Tot die dood ons skei, die liefde sal altyd en vir ewig wen.”

Die News se joernalis, Nadine Maré (née Myburgh), het op 2 Desember 2016 die knoop met haar beste vriend Willie Maré deurgehaak. Hulle het die spesiale dag saam met vriende en familie by Trés Jolie in Ruimsig gevier.

Die tema van hulle sprokiestroue was helder en kleurvol, en familie van so ver as Namibië het die spesiale dag bygewoon.

“Alles was perfek,” het Nadine gesê.

Willie het vir Nadine die ja-woord op 5 Junie 2015 gevra en hulle het besluit om die dag in die somer te vier deur in Desember te trou.

“Nadine voltooi my,” het Willie gesê.

Die twee vestig hulle in Randfontein.

Die News wens die paartjie jare en jare se geluk toe.

Lees ook

Dis trouseisoen en die klokkies lui

Hul liefde het geen perke nie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button