Die News en Solidariteit daag besighede uit om met projek te help
"Help ons kinders om hul drome oop te skryf!"
Nie alle leerders het die skryfbehoeftes wat hulle nodig het om hul werk te doen nie.
Alhoewel Solidariteit Helpende Hand ’n tassie aan Graad 1’tjies verskaf, bestaan daar by leerders in die ander 11 grade ’n ernstige behoefte aan skryfbehoeftes.
Die Graad 7-leerling wat nie ’n wiskundestel het nie, die hoërskoolleerder wat nie ’n tekenbord kan bekostig nie – net die blote gebrek aan die basiese behoeftes soos potlode, uitveërs, skerpmakers, liniale, skryfboeke, sakrekenaars en so meer, kan vir die leerder ’n verleentheid word en ’n renons in skoolopvoeding laat ontwikkel.
Solidariteit Helpende Hand Gauteng-Suid wil deur middel van sy Skryfgoed vir Kleingoed-program in samewerking met die Krugersdorp News en die gemeenskap in daardie behoefte voorsien. So hier is die uitdaging – ons vra alle besighede in die gemeenskap:
• Plak jou besigheidskaartjie op die deksel van ’n roomysbak.
• Vul dit met skryfbehoeftes vir ’n laer- of hoërskoolleerder.
• Bring dit na die News se kantore op die hoek van Generaal Pienaarlaan en Hamstraat, Witpoortjie.
“Ons gaan erkenning gee aan al die besighede wat die projek ondersteun,” het Adele Kruger, Streeksorganiseerder van Solidariteit gesê.
“Help ons kinders om hul drome oop te skryf!”
Vir verder inligting stuur ‘n e-pos na adele@helpendehand.co.za. Die projek sluit 31 Maart.
Lees meer hier
Solidariteit vra: gee jou hand
