Editor's choiceMunicipalNews

Wessies moeg vir slordige dorp

Talle het bymekaar gekom en besluit genoeg is genoeg.

‘n Keelvol gemeenskap van Krugersdorp-Wes het die afgelope naweek besluit dat hulle die lang gras en onnetheid van hulle omgewing net nie meer gaan duld nie.

Negentien inwoners, waaronder drie 10-jarige seuns, het besluit om self aan die werk te spring om hul gemeenskap skoon te maak van onkruid, lang gras en vullis.

Die groep gemeenskapslede het hul Saterdag opgeoffer om hul omgewing skoon te maak.
Die groep gemeenskapslede het hul Saterdag opgeoffer om hul omgewing skoon te maak.

“Ons dorp is baie vuil. Mense lê in die gras en slaap of skuil daarin om ander mense en winkels te beroof,” het gemeenskapslid Gabbie Bezuidenhoudt gesê.

Besighede in Rustenburgweg het ook besluit om deel te neem aan die inisiatief en het onder andere toerusting, swartsakke en geld geskenk, het ‘n gemeenskaplid, Nicollete Becker aan die News gesê.

Andries Pretorius besig om onkruid in 'n swartsak te gooi.
Andries Pretorius besig om onkruid in ‘n swartsak te gooi.

Nadat hulle self die area skoongemaak het, het die lede saam besluit om ‘n werker permanent aan te stel wat elke dag voor Pep Stores en Krugersdorp-Wes Apteek sal skoonmaak. Die gemeenskap voel ook dat dit ‘n werkskeppingsgeleentheid is. Die persoon se dagloon sal dan deur besigheidseienaars in die omgewing betaal word.

Die drie kinders wat hulle naweek opgeoffer het om skoon te maak was baie trots op hul handewerk.

“Ek wil die plek skoon hê en ek wil ook hê dat ons dorp skoon moet wees,” het Werner Bezuidenhoudt gesê.

Werner Bezuidenhoudt, 10, het ook gehelp om skoon te maak.
Werner Bezuidenhoudt, 10, het ook gehelp om skoon te maak.

Die lede wil graag die hele gemeenskap by die inisiatief betrek. Hulle beplan om komende naweek weer van 8vm af in Flemmingstraat skoon te maak. en vra vir skenkings soos swartsakke, weerkaatsbaadjies, harke en die publiek se gewillige hande.

Die lede glo dat hulle saam ‘n verskil in Krugersdorp kan maak en wil ook ander gemeenskappe uitnooi om dieselfde te doen.

Indien jy graag wil help, skakel Gabbie by 076 292 4720 vir verdere besonderhede.

Lees meer hier

Dis jou park, maar munisipaliteit vesuim hulle plig

Mogale, still on holiday? 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button