Bejaarde vrou onverwags oorlede
'n Karwag wat die insident gesien gebeur het, het dadelik hulp gesoek.
‘n Vrou in haar laat 60’s is vroeg vanoggend (22 Februarie) tragies oorlede.
Die onbekende vrou is vanoggend voor die Bonanza Spar in Krugersdorp-Noord oorlede nadat sy na bewering ‘n epileptiese aanval gehad het.
Die vrou en haar vriendin was op pad werk toe toe sy skielik nie goed gevoel het nie. Sy het volgens haar vriendin aan ‘n maagseer gely en het vir ‘n rukkie op ‘n muurtjie gaan sit om beter te voel. Sy het egter enkele minute daarna inmekaar gesak. ‘n Karwag wat die insident gesien het, het dadelik hulp gesoek en die suster by die Sacks-apteek oorkant die straat gevra om te gaan help.
Suster Jacolette Swanepoel het die vrou ondersoek en geen pols gevoel nie. Sy het die vrou toe op haar rug gedraai en kardiopulmonêre resussitasie toegepas. ‘n Ander onbekende gemeenskapslid het begin mond-tot-mond-asemhaling toepas totdat paramedici gearriveer het. Hulle het ongeveer 30 minute lank probeer om haar by te bring, maar moes haar uiteindelik dood verklaar.
Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.
Lees meer hier
‘n Leemte na twee van Nic Diederichs sterf
Ouers praat oor seun se spoedhobbel dood
