Editor's choiceLocal newsNews

Juanita bekoor die gehoor met haar goue stem

1 300 Aanhangers was op hulle voete terwyl sy haar top treffers gesing het.

Die weer het begin opsteek, maar reën sou nie ondersteuners kon weghou van dié optrede nie.

Die gewilde Afrikaanse sangeres Juanita du Plessis het op 18 Februarie by Key West Winkelsentrum se stampvol amfiteater vir haar grootste aanhangers opgetree.

Ruan Sinden, een van Juanita se aanhangers

Sy is vir baie ‘n heldin en ‘n inspirasie, en het die gehoor met haar goue stem bekoor. Haar liedjies word ook beskou as kos vir die siel. Daar was ook ‘n verrassing vir die gehoor. Juanita se pragtige en talentvolle dogter, Franja du Plessis, het die optrede geopen met twee van haar nuutste liedjies.

Albei se nederigheid en interaksie met die gehoor het die atmosfeer gesellig gemaak. Die nagenoeg 1 300 mense wat al van vroeg af begin toustaan het vir die beste sitplek in die amfiteater was op hul voete terwyl Juanita ‘n verskeidenheid van haar liedjies gesing het.

Liam en Danica Louwies kon nie wag dat die vertoning begin nie.

“Ek is haar grootste aanhanger en ek het al haar CD’s en DVD’s,” het Brenda Loggenberg gesê.

Elmarie van Niekerk het gevra dat Juanita haar T-hemp teken.

Juanita het aan die gehoor vertel dat sy baie geseënd is en dat sy altyd lekker in Krugersdorp kuier. Sy het ook die gehoor aangemoedig om altyd die lig in die lewe te wees. Sy het na die vertoning met van die aanhangers gesels en handtekeninge en drukkies uitgedeel.

Kyk hier na die opname wat die News op die dag geneem het:

https://www.facebook.com/krugersdorpnews/videos/1565406460155090/

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button