Daan Steyn, ‘n plaaslike algemene praktisyn, wil nie op 90 op die stoep gaan sit en koffie drink nie, hy wil eerder lewens red.
Met ‘n groot humorsin het Daan sy lewensverhaal tydens die News se onlangse besoek begin vertel. Hy praktiseer al van 1956 af voltyds in Krugersdorp saam met sy vennoot, dr Van Niekerk. Hy het al menige lewens gered en beplan om dit vir so lank as moontlik steeds te doen.

Hy het ook onlangs sy 90ste verjaarsdag gevier en voel steeds perdfris en gesond. Hy spog met vier kinders, agt kleinkinders en vyf agterkleinkinders, waarvan drie in sy voetspore volg.
“My kinders bel my elke aand om te hoor hoe dit met my gaan,” het Daan gesê.
Toe die News hom gevra het waarom hy ‘n dokter geword het, het Daan gesê dat hy as kind baie sieklik was en dat dit hom gemotiveer het om ander te help.
Sy loopbaanhoogtepunt is al die geleenthede wat hy gehad het en steeds het om mense se lewens te red en om ‘n verskil te maak. Hy het ook trots vertel dat hy geen mislukkings in sy praktiseertermyn gehad het nie en dat al die negatiewe dinge oorwin word deur genesing.
Hy doen graag houtwerk en geniet dit om in sy tuin te werk. Hy lees ook graag in sy vrye tyd. Hy spandeer meeste van sy tyd by sy spreekkamer waar hy vyf dae ‘n week na pasiënte omsien.
“Die mooiste eienskap wat my pa het is om nooit kwaad te word nie,” het sy dogter, Yolanda Steyn gesê
Yolanda wil graag die publiek, pasiënte en vriende uitnooi om vir Daan ‘n spesiale boodskap vir sy verjaarsdag te stuur na yolanda@healinghorses.co.za.
Die News wens vir Daan geluk toe met die besonderse mylpaal.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Randfontein Herald, Roodepoort Record, Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
