Local newsNews

Suiderlig se bejaardes word bederf

Vir die bejaardes is die samekoms 'n hoogtepunt op hul kalenders.

Die Amandel Aksie-lede geniet hulle oudag ten volle want die Suiderlig Gemeente in Krugersdorp-Wes hou behoorlik die gemeenskap se bejaardes op hulle tone met hulle maandelikse byeenkomste.

Die samekoms bied vir dié bejaardes ‘n geleentheid om ander bejaardes beter te leer ken, te sosialiseer, en om hulself te geniet.

Vir die bejaardes is die samekoms ‘n hoogtepunt op hul kalenders, want by elke byeenkoms is ‘n gaskunstenaar wat hulle bederf en vermaak.

“Ons lede is dalk oud en grys, maar ons geniet dit om aktief te wees en om bymekaar te kom,” het dominee Louis Mostert gesê.

Dié week was dit ‘n bekende sangeres van Krugersdorp se beurt om die gemeenskaplede te bederf. Michelle Stevens is al vir 27 jaar lank ‘n inwoner van Krugersdorp. Sy sing al sedert sy 10 is en geniet dit veral om bejaardes te bedien. Sy speel graag klavier en kitaar, en is ‘n lid van ‘n musiekgroep by die kerk genaamd Joi.

Michelle Stevens het die lede bekoor met haar goue stem.

“Wat gaan ek eendag sê het ek met my talente gedoen?” het Michelle gevra.

Sy leef haar passie ten volle uit en glo dat sy deur haar sangtalent wel ‘n verskil in ander se lewens maak. Die bejaardes wat die geleentheid bygewoon het, het Michelle se sang baie waardeer en haar bedank vir haar goedhartigheid. Sy het ook die gehoor betrek met lewensverhale en stories wat haar as mens aangeraak het.

Die gemeente wil graag die hele gemeenskap uitnooi om te kom deel in hul pret. Persone wat betrokke wil raak kan die Suiderlig Gemeente by 011 660 8038 kontak.

Martie en Erens Viljoen is al 54 jaar betrokke by die gemeente.

Lees verder:

‘n Eerste vir NG Krugersdorp-Oos

[VIDEOS] Vele kerke, min lede?

Church celebrates 10 years in community

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button