Huisbrand: familie sukkel sonder elektrisiteit
Die gesin bedank die gemeenskap vir hulle bystand in hierdie moeilike tyd.
‘n Gesin van vier se lewens het vroeg Sondagoggend 19 Februarie onherroeplik verander toe hul huis en alles daarin aan die brand geslaan het.
Charmaine Hattingh en Francois Backhoff woon al 10 jaar in hul huis in Kobie Krigestraat, Krugersdorp, en sukkel tans om hulle huis leefbaar te maak. Charmaine het aan die News vertel dat ‘n kers vermoedelik die oorsaak van die brand was.
‘n Kenner het bevestig dat die skade aan hulle woning om en by R150 000 is en dat dit ‘n geruime tyd gaan neem om die huis weer ten volle te herstel.
Charmaine het na die insident die gemeenskap se hulp in die vorm van klere, kos, water en elektrisiteit gevra.
“Die gemeenskap het my baie verbaas met hul simpatie, helpende hande, donasies en selfs net ‘n skouer om op te huil,” het Charmaine gesê.
Die gesin kon intussen hulle watertoevoer regkry en gedeeltes van hulle huis regmaak, maar het steeds nie elektrisiteit nie. Charmaine het aan die News gesê dat elektrisiteit vir haar in dié stadium baie belangrik is.
“Jy besef nie hoe moeilik dit is om te lewe sonder water en elektrisiteit totdat jy self in daardie situasie is nie,” het Charmaine gesê.
Wat Charmaine die meeste bekommer is dat die brandweer haar ingelig het dat sy binnekort ‘n rekening vir hulle dienste gaan ontvang. Elias Koloi, die Uitvoerende Bestuurder van Openbare Veiligheid, het aan die News bevestig dat die gesin ‘n rekening sal ontvang.
Die gesin wil graag die gemeenskap bedank vir hulle bydraes, oproepe, simpatie en almal wat hulle bystaan in hierdie moeilike tyd.
“Duisende dankies aan almal, die Here sal julle elkeen seën,” het Charmaine bewoë gesê.
Indien iemand die gesin kan help, kan hulle Charmaine by 072 201 9055 skakel.
Lees meer hier
Resident cries and watches as house burns down
House burns while residents are asleep
Children trapped in burning house
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Randfontein Herald, Roodepoort Record, Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
