Local newsNews

Kankerlyer wen R100 000

Johan het gesê die geleentheid kon nie op 'n beter tyd gekom het nie en hy het die geld gekies om sy mediese kostes te dek.

Johan du Toit, ‘n inwoner van Thabazimbi het R100 000 huis toe geneem nadat hy Lombard Bande se Cash or Car-kompetisie gewen het.

Johan is onlangs met kanker gediagnoseer en het gesê die geld kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie.

Die kompetisie het van Oktober 2016 tot Januarie 2017 gestrek en enige kliënt wat meer as R500 in die Lombard Bande-winkel spandeer het, kon inskryf en ‘n kans staan om R100 000 kontant of ‘n Kia Picanto-voertuig te wen. Die kompetisie het landwyd plaasgevind en die besigheid het meer as 12 000 inskrywings ontvang.

Die R100 000-tjek en die Kia Picanto wat finaliste kon wen tydens Lombard Bande se Cash or Car-kompetisie. Foto: Ingestuur

Van die 12 000 inskrywings het Lombard Bande een finalis uit elke tak (20 takke landwyd) gekies. Die organisasie het ook een ekstra finalis per maand gekies. Lombard Bande in Krugersdorp het besluit om die trekking waar te neem en het vroeg op Saterdag, 25 Februarie met die finale been van die kompetisie begin.

Slegs 16 van die 21 finaliste het die geleentheid bygewoon, wat die kans vir elkeen vergroot het aangesien die finalis die geleentheid moes bywoon om te kon wen. Daar was ‘n tafel met 21 boksies wat elkeen ‘n karsleutel bevat het. Finaliste moes elkeen ‘n boksie kies en kyk of die sleutels die Picanto, wat op die vertoonkamervloer by hulle gestaan het, oopsluit.

Daar was 20 nagemaakte sleutels en net een ware sleutel vir die Picanto. Johan het eerste die geleentheid gehad om die sleutels te kies voordat die ander finaliste hul sleutels gekies het. Een vir een het hulle probeer om die Picanto oop te sluit.

Elsa en Johan du Toit, die wenners van Lombard Bande se Cash or Car kompetisie.
Foto: ingestuur

Toe dit Johan se beurt was, het hy nader gestap en die motor met sy gekose sleutels oopgemaak. Johan was bewoë en kon kies tussen die voertuig en die kontant.

Johan het gesê die geleentheid kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Die besluit was vir hom maklik – hy het die geld gekies om sy mediese kostes oor die volgende paar maande te betaal. Die kostes beloop min of meer R20 000 per maand.

Lees verder:

Winner draws car key; chooses money instead

Lucky winner goes home with R100 000

1 480 tyres inspected in four hours

Lombard hoof vorder duisende in vir renosters

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button