Matrone Rossouw sterf
Sy was 42 jaar lank in verpleging en was matrone by Sterkfontein Hospitaal.
Margaret Rossouw, ‘n voormalige matrone by Sterkfontein Hospitaal en jarelange inwoner van Krugersdorp, is op die ouderdom van 91 oorlede.
Margaret was getroud met Oom Jannie Rossouw, skrywer van die bekende geskiedenisboek Terugblik na Krugersdorp.
Sy was 42 jaar lank in verpleging en was met haar aftrede, 28 jaar gelede, matrone by Sterkfontein. Sy was baie passievol oor en betrokke by gemeenskapswerk en het op verskeie verenigings gedien.
Na haar man se dood het Margaret na ‘n tehuis vir bejaardes in Rivonia getrek.
Sy word oorleef deur twee dogters, vyf kleinkinders en een agterkleinkind.
Lees verder:
Vaarwel, rus in vrede oom John
Krugersdorp from a historical perspective
Krugersdorpse ikoon Tannie Loo sterf
