Local newsNews

‘n Bielie van ‘n pampoen hier in Krugersdorp

In 1984 het die News oor die grootste pampoen nóg in Krugersdorp berig, maar Eugene se 2017-pampoen is dalk die grootste nog!

Op die oog af lyk dit soos iets uit ‘n sprokiesverhaal, maar dié pampoen is eg. Dit kan News-joernalis, Nadine Maré bevestig, want sy het die pampoen met haar eie oë gesien.

Plaaslike kweker, Eugene le Goff, het onlangs ontdek dat ‘n pampoen in sy tuin abnormaal groot word. Hy het toe besluit om nie die pampoen te pluk nie om te sien hoe groot dit kan word.

Eugene le Goff is trots op sy 43,6 kilogram pampoen wat hy self gekweek het.

In September verlede jaar het Eugene pampoensade geplant en gehoop dat darem een sou groei. Hy het ook nie verwag dat sy pampoentuin, soos hy dit noem, so sal uitbrei en feitlik twee beddings sal oorgroei nie. Aan die begin van Maart het Eugene besluit om die pampoen te pluk en te weeg. Tot sy verbasing het dit ‘n volle 43,6 kilogram geweeg.

In 1984 het die News oor nog ‘n groot pampoen verslag gedoen – glo die grootste een nog! Dié pampoen het volgens die berig 31,8 kilogram geweeg en sou vir liefdadigheid opgeveil word. Twee mense was glo nodig om die pampoen op te tel om dit te verskuif, maar Eugene het vertel dat hy sy pampoen moes rol tot waar hy hom wou gehad het. Hy het ook vertel dat sy groen vingers definitief ‘n rol gespeel het om dié spesifieke pampoen te kweek.

Eugene gebruik organiese seewierbemesting vir die meeste van sy plante en hy het dit ook gebruik om die grond vir sy pampoenoes te bemes. Hy het vertel dat pampoene baie lief is vir son en dat sonlig ‘n belangrike rol gespeel het. Eugene het glo sewe maande lank die spesiale pampoen elke tweede dag water gegee en het vertel dat die grond klam moes bly anders sou dit die groeiproses belemmer.

“Ek het die sade op die regte tyd geplant, toe dit baie gereën het,” het Eugene gesê.

Hy het vertel dat hy vir kwekerye plant en dat plante sy passie is.

“Hoe gelukkig is ek om elke dag ‘n werk te doen waaroor ek so passievol is,” het Eugene gesê.

Hy beplan om die pampoen binnekort te verdeel sodat almal daarvan kan kry.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button