Local newsNews

Harde werk en omgee is paartjie se resep

Paartjie se liefde vir mekaar al vyf dekades sterk.

Boet en Gert van Tonder vier hul 50ste huweliksherdenking op 1 April.

Die paartjie is in 1967 in Krugersdorp-Wes getroud. Hulle het twee seuns en een kleinkind vir wie hulle baie lief is.

Hulle woon nou al 49 jaar in hulle huis in Krugersdorp-Wes en is welbekend by al die inwoners.

Vir hulle herdenking het hul seuns en skoondogters hulle verras met ‘n naweek by ‘n wildsplaas buite Pretoria.

Wat is hulle resep vir so ‘n gelukkige huwelik?

“Harde werk, liefde en omgee vir mekaar,” het die paartjie gesê.

Die News wens Van Tonder-egpaar nog vele jare van geluk toe.

Lees verder:

Vyftig goue jare vir paartjie

Paartjie haal halfeeu mylpaal

Hennie en Martie behaal goue status

Deel en omgee is hul wenresep

Liefdeskers brand na 50 jaar steeds

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button