Gehoorsentrum gee terug aan die gemeenskap
Dié jaar het die sentrum besluit om 'n gratis gehoortoets op lede van die publiek te doen.
Hou jou ore gespits, want HearCare is hier om te bly.
Die bekende gehoorsentrum het onlangs hul 21ste bestaansjaar en betrokkenheid by die publiek saam met die gemeenskap gevier.
Die sentrum wil graag teruggee aan die gemeenskap en hulle daardeur bedank vir 21 jaar se ondersteuning. Die sentrum het besluit om lede van die publiek se gehoor gratis te toets, gratis foto’s van die binnekant van hul ore te neem en om ook raad te gee. Nagenoeg 50 pasiënte het die dag kom inloer by die geleentheid wat by die Netcare Krugersdorp Hospitaal aangebied is.
“Ons wil graag teruggee aan die gemeenskap en ons glo dat die dag tot dusver ‘n groot sukses was,” het oudioloog Anzil van Jaarsveld gesê.
Die publiek is ook bederf met ‘n lekkerny en kon hul gehoortoetsgeskenkbewys saam neem huis toe en enige ander gepaste dag gebruik.
“Ek is so opgewonde om die gratis gehoortoets te kan kry, want so kan ek bepaal of my ore in ‘n gesonde en werkende toestand is,” het Rose Rammila gesê.
Anzil het ook ‘n goue wenk vir die News gegee. “Om ‘n oorstokkie in jou oor te druk is ‘n groot NEE. Dit veroorsaak dat die was net dieper in die oortrom gaan lê.”
Die sentrum raai egter die publiek aan om eerder soetolie te gebruik om hul ore skoon te maak. Die olie sal ook help vir ore wat jeuk.

Oorsig van die gehoorsentrum
Dokter Elize de Koker het Hearcare alleen op 1 Junie 1982 in Kenmare gestig. Sy het haar praktyk op 20 Maart 1996 na Krugersdorp Privaat Hospitaal verskuif waarna sy nog vele ander praktyke op die been gebring het, naamlik Fochville, Carletonville, Impala, Lonmin, Brits, Raedene, Mulbarton, Waterfall City, Bergbron, Robinson en Monument. Sy het tans 25 personeellede in haar diens. Die sentrum het begin met gehoortoetse en gehoorapparaatpassings, maar die tegnologie het so verbeter dat die praktyk nou selfs balanstoetse doen en oto-akoestiese missie- en ouditiewe breinstamresponstoetse gebruik op babas van net twee dae oud.
Die sentrum en hul span beplan om so lank as moontlik terug te gee aan die gemeenskap en om ook te help om ‘n verskil in ander se lewens te maak.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Randfontein Herald, Roodepoort Record, Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
