Local newsNews

Fliekkaartjiewenners vir ‘Jagveld’ ontmoet hoofaktrise

Meeste fliekgangers het saamgestem dat Leandie as Suid-Afrika se eie Lara Croft beskou kan word.

Twee gelukkige kaartjiewenners het die ongelooflike geleentheid gehad om Leandie du Randt Bosch, wat die aktrise in die hoofrol van Jagveld is, by Nu Metro Key West te ontmoet.

Die wenners, Lelanie Joubert en Alanicka Lotriet het uitstekende antwoorde op die kompetisievraag gegee. Die vraag was: Hoekom geniet jy Afrikaanse films?

Die kompetisie is op Woensdag, 22 Maart net nagenoeg 2 uur lank aangebied en die News het ‘n groot aantal inskrywings ontvang.

Alanicka het die volgende geantwoord:

Liefling, jy is my Bakgat, Alles Wat Mal Is, Leading Lady. Jy is my Semi-Soet, Suurlemoen Hoofmeisie, en o, As Jy Sing ….

“In ‘n kwessie van slegs ‘n paar jaar het Afrikaanse films werklik die hoogte ingeskiet met oorspronklike storielyne en net die perfekte akteurs vir elke rol. Die Suid-Afrikaanse filmbedryf bewys homself voortdurend in alle denkbaar fliek-genres naamlik fiksie, komedie, drama en nog VELE meer. Ek sal bitter graag dié dramatiese mylpaal in die filmbedryf wil beleef, en dit saam met my grootste rolmodel, Leandie du Randt. As daar nou een ding is waarna ek vreeslik uitsien, is die volgende Afrikaanse fliek. Ek persoonlik dink dat ons Afrikaanse taal heeltemal afgeskeep word, en die Afrikaanse flieks wat deesdae verfilm word, maak absoluut op daarvoor. Afrikaans is vir my ‘n belangrike taal. So gebore en sal so bly.

Henrico van Zyl saam met Leandie du Randt Bosch, aktrise in ‘Jagveld’ en Alanicka Lotriet, die kaartjiewenner.

Lelanie het die volgende antwoord gegee:

“Al wanneer ek na ‘n fliek gaan kyk is wanneer dit ‘n Afrikaanse fliek is. Ek en my man hou die webwerf dop elke twee weke om te kyk wanneer daar ‘n nuwe fliek te voorskyn kom. En wat is lekkerder as ‘n gratis bederf, en in Afrikaans nogal?”

Die wenners van die blitskompetisie is laat weet dat hulle die pryse losgeslaan het en hulle kon elkeen ‘n metgesel saamneem. Hulle was baie opgewonde om Leandie te ontmoet.

Die News het ook die geleentheid gekry om met Leandie te gesels.

“Dit was ‘n film met ‘n risky budget en ons was skrikkerig om met die projek te begin,” het Leandie gesê.

“Maar toe ons eers begin het, het alles baie natuurlik plaasgevind. Ons het geleer om met gewere te skiet, ver te hardloop en ek moes self leer om met al die manlike energie te werk.”

Dit was vir haar ‘n fisies en emosioneel uitdagende rol, maar sy het vertel dat die rolprentspan mekaar op elke moontlike manier ondersteun.

Leandie is sterk gekant teen die mishandeling van vroue en kinders, en glo haar passie daarvoor het haar gehelp om die rol te vertolk.

“Ek glo dat selfverdediging ‘n vak op skool moet wees sodat vroue hulself altyd teen ander kan beskerm.”

Die film het meer positiewe as negatiewe kommentaar van die publiek af ontvang, en die plaaslike gemeenskappe het ‘n sterk lojaliteit teenoor die Afrikaanse film getoon.

Alanicka Lotriet, kaartjiewenner saam met Leandie du Randt Bosch, hoofaktrise van “Jagveld’ en Lelanie Joubert, die ander kaartjiewenner.

Na die vertoning het gemeenskapslede gesê die film is uitstekend aangesien die regisseur dit reggekry het om ‘n ongelooflik sterk, vroulike karakter tussen sulke sterk manlike karakters te skep.

Meeste fliekgangers het saamgestem dat Leandie as Suid-Afrika se eie Lara Croft (van die filmreeks Tomb Raider) beskou kan word.

Om meer oor die film te wete te kom, kyk na die lokprent hier:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button