Local newsNews

Harley kry ‘n tweede kans

Harley sal binnekort aangeneem kan word.

‘n Inwoner van Lewisham het ‘n erg beseerde hond op 16 Maart roerloos voor haar hek gekry. Die onbekende inwoner het haar toe na die Silverfields Dierekliniek geneem waar sy tans die nodige behandeling kry.

Harley, soos die dierekliniek haar noem, is tussen een en twee jaar oud en is vermoedelik deur ‘n motor raakgery. “Ons het onmiddellik ‘n X-straal geneem en gesien dat haar een agterbeen op drie plekke gebreek was. Al haar tone was ook gebreek,” het kliniekontvangsdame Emma Oosthuizen gesê.

Sien haar video hier:

Die kliniek het aan die News vertel dat Harley se enkel ontwrig was en dat sy ‘n groot oop wond gehad het.

“Dit het gelyk of sy deur ‘n kar raakgery is, want die wonde was baie swart,” het Emma gesê.

Toe die News vir Harley die eerste keer ontmoet het, het joernalis Nadine Maré se hart gesmelt. Harley het die sagste, mooiste geaardheid en het baie liefde om te gee.

Lees ook: Sussie is tuis

Die kliniek wil graag vir Harley die hulp gee wat sy nodig het, maar haar veeartsrekening beloop reeds R4 000. ‘n Bekende maatskappy, Midlands Veterinary Wholesalers, het onlangs 20 kilogram kos en speelgoed vir haar geskenk, maar Harley se herstel gaan volgens die personeel nog ‘n maand duur. Hulle doen ‘n beroep op die publiek vir donasies of selfs ‘n besoek aan Harley. Sy sal binnekort aangeneem kan word. Die kliniek sal haar steriliseer en streng aannemingsprosedures sal gevolg word.

Skenkings kan inbetaal word in die tjekrekening van Silverfields Veterinary Clinic, rekeningnommer: 62451359204; Takkode: Florida 250141 met die verwysing ‘Harley’. Die kliniek kan ook gekontak word by 011 955 4338.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button