Skuilingdiere laat die harte smelt
'Dit voel baie goed om 'n verskil te kan maak, al is die verskil hoe klein.'
Al die seëninge wat die jeuggroep ontvang, ploeg hulle terug in die gemeenskap.
PPK Silverfields se jeuggroep het onlangs na die plaaslike diereskuiling, The 9th Day Animal Shelter uitgereik. Veertig lede het die projek met oorgawe aangepak nadat hulle ‘n artikel in die News gesien het waarin die skuiling die gemeenskap om hulp vra.
Lees ook: And on the 9th day, God made dogs
“Dit is heerlik om hier te wees. Ons almal het ‘n groot passie vir diere en dis vir ons lekker om ‘n verskil in die gemeenskap te maak,” het pastoor André Ludick gesê.
Die groep, wie se ouderdomme van vier tot 77 gestrek het, het Saterdag, 25 Maart, by die skuiling bymekaar gekom en verskeie items soos hondekos, komberse, wasmiddels, lekkernye en speelgoed vir die diere saamgebring. Hulle het al die items wat hulle geskenk het, self bymekaar gemaak. Daarna het hulle al hul aandag aan die diere gewy.

“Dit voel baie goed om ‘n verskil te kan maak, al is die verskil hoe klein,” het Minki Kruger gesê.
Party van die besoekers se harte het gesmelt en wou met alle geweld van die diere huis toe neem.
Sien video hier:
Die eienaar van die skuiling, Charmaine Booysens, het aan die News vertel dat sy baie dankbaar is dat die gemeenskap aan die diere in die skuiling dink en hul harte vir hulle oopmaak.
“Die diere het die gemeenskap se hulp nodig. Ons vra dat mense na die diere kom kyk en van hulle aanneem,” het Charmaine gesê.

Die skuiling het meer as 140 honde wat daagliks versorg moet word. Die News het onlangs ‘n artikel gepubliseer waarin die gemeenskap se hulp gevra word om die skuiling te red.
Die jeuggroep beplan om gereeld ‘n verskil in die gemeenskap te maak.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
