Local newsNews

Waarskuwing aan enkellopendes teen kuberkriminele

Die polisie vra ook dat die gemeenskap nooit geld sal gee vir persone wat hulle nog nooit ontmoet het nie.

Die winterkoue is op pad en daar is enkellopendes wat smag na ‘n metgesel om hulle warm te hou.

Sosiale bladsye bied verskeie geleenthede vir enkellopendes om ‘n pasmaat te vind, maar bedrieërs gebruik van die bladsye om belangrike inligting te bekom.

Die plaaslike polisie het aan die News vertel dat verskeie sake onlangs by hulle aangemeld is waar die publiek met derduisende rande ingeloop word. Sommige enkellopendes is desperaat en gesels met vreemdelinge in die kuberruimte, sonder om te weet wie die persoon agter die skerm werklik is.

Mense raak verlief op ‘n onbekende wat in ‘n ander land bly. Die bedrieër vra later geld om ‘n vliegtuigkaartjie na Suid-Afrika te koop of word kwansuis skielik siek en het dringend hulp nodig. Hulle maak ook leë beloftes wat hulle nie beplan om na te kom nie.

Dit is hartseer dat mense in die strik trap en in die proses baie geld verloor.

Waarop moet mens bedag wees?

• Kyk na die agtergrond op die persoon se profielfoto. Lyk dit eg?

• Die persone kan gewoonlik nie Afrikaans praat nie.

• Hulle praat ‘hoë’ Engels, soms met ‘n aksent.

• Vra die persoon vir geld?

• Het die persoon jou al gebel en nie net deur boodskappe gekommunikeer nie?

Die polisie het ook bevestig dat bedrieërs aan hul slagoffers pakkies stuur, maar ‘n hoë bedrag afleweringskoste moet dan daarop betaal word.

Die publiek word dus gewaarsku teen onbekendes wat daarop uit is om onskuldiges te bedrieg. Die polisie vra ook dat die gemeenskap nooit geld sal gee vir persone wat hulle nog nooit ontmoet het nie.

Mense word aangeraai om by plaaslike vriendskapsgroepe aan te sluit en om vreemde mense eerder in openbare plekke te ontmoet.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button