"Ek dink ons is te gewoond aan die omstadighede waarin ons lewe met die myne rondom ons. Ek het dit ook nie gevoel nie en ek sal ook nie sê dat dit iets is waaroor ons ons moet bekommer nie," sê Alan Swanepoel.
Twee aardbewings in een dag (3 April) het Krugersdorp behoorlik aan die gons gehad.
“Ek het niks gevoel nie. Ek dink mense het die onderwerp net gebruik om te sosialiseer,” het Rouxelle Hayman gesê.“Ek het dit gevoel. Ek het op my bed gelê en toe begin snaaks voel. Ek het opgestaan en toe gesien dat my glase in die kas ook beweeg. Ek het definitief die beweging gesien en gevoel,” het Elie Morare gesê.“Ek het dit definitief nie gevoel nie. Redelik baie mense het gesê dat hulle dit gevoel het, maar ek het die oomblik heeltemal gemis,” sê Liesl-Mari Simon.
Die middelpunt van die aardbewing wat 6,5 op die Richterskaal geregistreer het, was in Botswana en die middelpunt van die een wat 5,2 op die Richterskaal geregistreer het, was in Orkney. News-joernalis, Nadine Maré, het tydens ‘n geleentheid by Netcare Krugersdorp Hospitaal lede van die gemeenskap gevra of hulle enigsins die aardbewings gevoel het en wat hul opinie daaroor is.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us atkrugersdorpnews@caxton.co.zaor phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: