‘Mogale Verkeer gebruik nie ongemerkte voertuie nie’
'Die koalisieregering doen alles in hul vermoë om Mogale City ‘n veilige plek vir sy mense te maak.'
Al die voertuie van Mogale City se departement van openbare veiligheid, behalwe een, is duidelik gemerk.
So het Tjaart Steenkamp, VF Plus-burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid gesê nadat ‘n berig in die News se 31 Maart-uigawe onder die opskrif What to do when … an unmarked vehicle pulls you over verskyn het.
Lees ook: What to do when an unmarked vehicle ulls you over
“Die berig handel oor motorkapings wat glo uitgevoer word deur mense wat hulle as Metropolisiebeamptes voordoen. Daar word ook melding gemaak dat Krugersdorp se verkeersafdeling steeds gebruik maak van ongemerkte voertuie.
“Die verkeersafdeling se voertuie is duidelik gemerk en al die nommerplate begin met die letters ‘MCLM’ gevolg deur ‘n nommer. Die ongemerkte voertuig het wel ‘n blou lig wat duidelik sigbaar is,” het hy gesê.
Lees ook: Suspect wearing police jacket hijacks man
Hy het bygevoeg dat indien ‘n voertuig deur die insittendes van ‘n verdagte voertuig voorgekeer word, dit wys sal wees om na ‘n veilige plek toe te ry. Dit is gewoonlik ‘n vulstasie waar daar ander mense en kringtelevisie is.
“Die koalisieregering doen alles in hul vermoë om Mogale City ‘n veilige plek vir sy mense te maak.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
