CrimeEditor's choiceNews

[KYK] Bejaarde vrou op plaas in Krugersdorp-distrik aangeval

Een van die verdagtes het haar met 'n gholfstok oor die kop geslaan.

Gisteroggend, 19 April, om ongeveer 8vm het twee booswigte ‘n bejaarde plaaseienaar in Honingklip naby Kromdraai aangeval.

Die slagoffer, wat na bewering 65-jaar oud is, was in haar huis toe twee mans by die voordeur ingestorm het. Een van hulle het haar met ‘n gholfstok oor die kop geslaan. Conserv Security-offisiere, wat na die aanval op toneel was, het vertel dat sy so hard geslaan is dat die gholfstok gebreek het.

Lees ook: Attempted farm attack caught on camera

Die aanvallers het hul slagoffer se selfoon en twee wapens gesteel voordat hulle te voet van die toneel gevlug het. Volgens Conserv is die wapens ‘n Star Firestar M-45-pistool en ‘n Rossi 38 Special-rewolwer. Die slagoffer was bewusteloos toe die verdagtes die toneel verlaat het.

Nadat sy haar bewussyn herwin het, het sy na haar buurvrou toe geloop om hulp te kry terwyl sy glo vreeslik gebloei het. Die bure het Conserv Security en die polisie gekontak. Minute later het Conserv Security se mediese eenheid by die toneel opgedaag en die slagoffer gehelp. Sy het na bewering ‘n gekraakte skedel en diep wonde op haar kop opgedoen. Sy is gestabiliseer en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Lees ook: Two injured in farm attack

Volgens berigte was haar toestand bestendig toe sy by die hospitaal aangekom het, en sy sterk goed aan.

Muldersdrift Polisie het hul eenheid vir landelike veiligheid is uitgestuur en die Wes-Randse Trio-taakspan was ook op toneel.

Die polisie het ook ‘n helikopter gestuur en die bemanning het die twee verdagtes gesien terwyl hulle in die rigting van Munsieville probeer ontsnap het. Albei het groen hemde aangehad. Die een het ‘n kakiebroek aangehad en die ander een se broek was oranje. Dit is nog nie duidelik of die polisie die twee verdagtes aangekeer het nie.

Die slagoffer se familie het Conserv Security en die polisie bedank vir hul bystand tydens die voorval.

Kyk hier hoe ‘n polisiehelikopter na die aanvallers soek

https://www.facebook.com/conservsec/videos/1871856696429002/

Video: Conserv Security

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button