Noordheuwel Duiweklub hou suksesvolle veiling
Die gemiddelde prys verkoop was meer as R2400 per duif.
Prag duiwe is onlangs teen aansienlike bedrae by die duiweklub in Noordheuwel opgeveil. Hulle was vir die toeskouers iets besonders en soos iets uit ‘n prentjieboek.
Die veilig is deur die South African Million Dollar Pigeon Race (SAMDPR) aangebied en was ‘n groot sukses. Altesaam 44 duiwe is vir altesaam R106 750 opgeveil, met ‘n gemiddelde prys van meer as R2 400 per duif.

Die twee duurste duiwe is teen onderskeidelik R28 900 en R20 000 verkoop.
Die prag duif met die naam Olivia 1 Lot 39 wat geteel is deur David Piekielko en Bernd Prekel van Duitsland, is vir R28 900 verkoop. Diamond Eyes Lot 23 is geteel deur die Ganus Family Loft van die VSA en is vir R20 000 verkoop.
Die volgende veiling beloof om weereens besonderse duiwe van eienaar te laat verwissel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
