Editor's choiceLocal newsNews

Waar is Robin Liedtke?

Die News wil graag Robin of sy familie nader om sy lewensreis verder met die gemeenskap te deel.

In hierdie week se Onthou jy nog … het die News besluit om ‘n bekende se gesig van 2007 op te soek.

In die 11 Mei 2007-uitgawe het die News die nuut verkose distriksgoewerneur van die plaaslike Rotariërklub, Robin Liedtke, bekendgestel.

Lees ook: Onthou jy nog… hoe goedkoop alles was

Robin het in 1955 gematrikuleer waarna hy by die Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit het.

Op 26 Maart 1958 het Robin ‘n jong verpleegster, Marlene ontmoet en was met die eerste oogopslag verlief. Hulle is op 14 April 1962 getroud. Die paartjie het later twee seuns gehad nadat hulle Johannesburg toe vanaf Oos-Londen verhuis het.

Robin en Marlene is in 1988 aan die Rotariërs voorgestel – ‘n humanitêre organisasie wat verskeie gemeenskapsprojekte aangepak het. Op 22 September 1988 het die egpaar besluit om by die klub aan te sluit.

Die News-artikel van 11 Mei 2007 oor Robin Liedtke wat die nuut verkose distriksgoewerneur van die Rotariërklub was.

Robin was betrokke by die Monument Rotariërklub en was later president van die klub. Die klub was onder meer verantwoordelik vir die bou van die West Rand School for the Physically Disabled (Wes-Rand Skool). Hy was daarna twee keer weer president en ook assistentgoewerneur.

Robin het in die artikel gesê dat hy baie trots voel om in beheer van 49 klubs te wees. Die artikel het ook aangedui dat daar destyds 1,2 miljoen Rotariërs was.

“Ek is mal oor my goewerneursverantwoordelikhede, want dan kan ek na verskeie distrikte reis,” het Robin gesê.

Robin het baie toekomsdrome gehad waarvan een was om vir jonger mense die volgende te leer: “Die opheffing en verbetering van een enkele persoon se lewe is wat ware sukses behels”.

Die News wil graag Robin of sy familie nader om sy lewensreis verder met die gemeenskap te deel. Het Robin sy toekomsdrome bewaarheid? Laat weet gerus vir News-joernalis, Nadine Maré per epos by nadinem@caxton.co.za of 083 959 4906.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button