CrimeEditor's choiceNews

Wentworthpark-besigheidseienaar ernstig gewond en klant beroof tydens rooftog

Na bewering het hulle 'n Mercedes-Benz gebruik waarvan die nommerplaat onbekend is.

Die reën en koue het nie sewe rowers afgeskrik toe hulle Sondagaand (14 Mei) op ‘n winkel toegeslaan het nie.

Omstreeks 7.15nm is die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Sektor 4 se hulp ingeroep toe ‘n winkel die teiken was van ‘n gewapende roof.

Volgens Rose Menezes van die GPF was sy en haar span eerste op die toneel. Hulle het onmiddellik die polisie, paramedici en ander belanghebbers na die toneel ontbied.

Lees ook: Two men arrested for business robbery

Volgens Menezes is die winkel (waarvan die naam nog nie bekendgemaak kan word nie) se werkers en een klant deur ongeveer sewe rowers aangeval. Die eienaar van die winkel is in die proses ernstig beseer en moes na ‘n plaaslike hospitaal geneem word.

Die klant wat tydens die voorval in die winkel was, is beroof. Sy rooi Fiat Uno Pacer is ook gesteel en die rowers is met sy motors daar weg. Na bewering het hulle ook ‘n Mercedes-Benz gebruik waarvan die nommerplaat onbekend is.

Menezes wil graag haar span bedank vir hul bystand en samewerking tydens die voorval.

Die News het die polisie genader asook die eienaar van die winkel, maar kon nog geen terugvoer kry nie. Meer inligting oor die voorval sal later bekendgemaak word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button